book-icon Uitgawe Junie 2018
Deel

Ry ’n Oos-Kaapse draai

akkreditasie
DIE HEUWELS FANTASTIES. Die teerpad tussen Mount Fletcher en Matatiele is in ’n goeie toestand en ’n mens wens soms jy kon stadiger ry om die landskap te waardeer.
DIE HEUWELS FANTASTIES. Die teerpad tussen Mount Fletcher en Matatiele is in ’n goeie toestand en ’n mens wens soms jy kon stadiger ry om die landskap te waardeer.

Daar’s ’n goeie rede waarom Kapenaars nie elke somer op KwaZulu-Natal se Drakensberg of strande toesak nie. Dis nie nét omdat hulle hulle eie strande en ’n berg op hulle agterstoep het nie. Dis ook vrekver.

As ’n mens met die N2 van Kaapstad af tot by Margate wil ry, is dit meer as 1 500 km en 18½ uur agter die stuur. (Selfs Windhoek en Gaborone is nader.) Die groot gesukkel kom by daai 400 km tussen Oos-Londen en Kokstad deur die ou Transkei. Met slegte paaie langs is dit ’n minimum van ses uur se ry. Sou ’n mens egter die agterpaaie vat oor Graaff-Reinet, Cradock, Queenstown en dorpies soos Lady Frere, Cala, Elliot, Ugie, Maclear, Mount Fletcher en Matatiele, ry jy meestal óm die voormalige tuisland en sny jy net ’n raps meer as 100 km uit jou roete, maar die rytyd raak sommer twee uur korter.

Oos van Queenstown neem die R410 jou oor die Nonesisnekpas in Lady Frere se rigting. Dis nie duidelik waar die pas sy naam vandaan kry nie, maar party reken dis ’n verwysing na ’n non of “nursie” wat jare gelede gewerk het by die Rooms-Katolieke kerk aan die voet van die volgende pas, die Mackaysnekpas. Die kerk is ’n versameling mooi geboutjies.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan