book-icon Uitgawe Mei 2019
Deel

Salig langs die strandmeer

akkreditasie

Soos ’n mens noord ry op die ou Suidkuspad (die R102), lê die Umtentweni-oord 6 km noord van Port Shepstone en links van die pad (weg van die Indiese Oseaan af).

Die kampplek is amper so groot soos twee rugbyvelde en lê teenaan die Mtentweni-strandmeer. Soos die kraai vlieg, is Umtentweni omtrent ’n halwe kilometer weg van die see af – dis ook waar die Mtentwenirivier in die see uitmond. Die monding is meestal toegespoel, maar dis ook die “vangnet” vir die vis wat ’n mens in die strandmeer voor Umtentweni kry.

Wanneer dit genoeg reën in die binneland, spoel die monding oop. Baie van die groter vis in die rivier kies dan koers see toe en die kleiner outjies bly agter – dit is dié kleiner vis wat ’n mens kan probeer vang. Hulle is 5-15 cm groot, sê Tobie Mayer, eienaar van Umtentweni.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan