book-icon Uitgawe September 2020
Deel

Slenterstap deur die geskiedenis op die Clarens San-Traverse

akkreditasie
Sandsteenberge en kleurryke
kosmos is eie aan die Oos-Vrystaat, en dít is wat stappers op die Clarens San-Traverse ervaar.
Sandsteenberge en kleurryke kosmos is eie aan die Oos-Vrystaat, en dít is wat stappers op die Clarens San-Traverse ervaar.

Dagsê ou grote, groet ek die Titanic Rock, ’n enorme sandsteenkrans wat bo hierdie hoekie van die Oos-Vrystaat uittoring. Ek is op pad na die St. Fort Country House ’n klipgooi suid van Clarens af.

Clarens is ’n mooi dorpie en nie ver se ry van Johannesburg, Pretoria, Bloemfontein óf Durban af nie. Hier’s heelwat kunsgalerye, handwerkwinkels, kroegies en restaurante. Maar ek’s nie hier vir kurio’s en pannekoek nie; ek het die nuwe Clarens San-Traverse kom stap.

Dié staproete was die idee van Julia Invernizzi van Spekboom Tours. Dit strek van St. Fort af oor 41 km deur die Rooiberg en weer terug dorp toe. “Ek was nog altyd gaande oor hierdie deel van die Vrystaat,” vertel Julia die aand om die braaivuur. “Golden Gate se gewilde Ribbokstaproete is net om die draai. Maar daar het stappers nie ’n gids nie, en jy oornag in ’n basiese hut.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan