book-icon Uitgawe Mei 2019
Deel

So sout soos die Vrystaat

akkreditasie

Die R700 tussen Bloemfontein en Bultfontein is nie ’n pad waarop baie mense hulle ooit sal bevind nie. Dis ’n reguit Vrystaatse pad waarop Vrystaters ry. Meestal boere wat moet stad toe om trekkeronderdele te gaan haal, of kinders by skole, of op pad is veiling toe en hoogs waarskynlik ook Kloppers. Kloppers is ’n massiewe winkel met álles. En dis eg Vrystaats. Soos die rooi lande langs die R700 en die Modderrivier waaroor jy ry. Dis ’n entjie ná die Modder, sowat 10 km Bultfontein se kant toe, waar ’n padbord na links beduie. Soutpan. Dis meer as net ’n soutpan. Maar ook net-net.

Die sinkplaatgrondpad vat jou eers verby die rooibaksteen-NG kerk wat so effens eenkant op ’n bultjie staan. Dan is daar ’n stopteken. Die enigste een tussen die paar grondstrate. Niemand stop hier nie, jy kan dit sien aan die manier hoe die pad al uitgery is. Net ’n vinnige oog gooi na regs, dan vetgee deur die draai na links. Verby een of twee valerige huise omring deur stofwit veld. Want al is dit diep in Januarie, lyk die wêreld soos winter. Halfpad teen die rantjie uit hou die klein polisiestasie wag. Langsaan loop ’n troppie skaap in ’n kamp voor ’n huis se stoep.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan