book-icon Uitgawe Augustus 2020

Stap langs branders en blombos

akkreditasie
Dís nou die manier om ’n staptog te begin! ’n Gemaklike afdraande en ’n uitsig tot die einders by Blombosch.
Dís nou die manier om ’n staptog te begin! ’n Gemaklike afdraande en ’n uitsig tot die einders by Blombosch.

Stap is goed vir die mens. Dis nóg beter as jy in die natuur stap. En hoe meer ongerep die omgewing – van berg en bosveld tot woud en woestyn – hoe beter. Maar ’n staptog langs die strand, deur kusfynbos, is my hart se punt.

Dis ’n buffetete vir die sintuie. Jy ruik sout op die bries, ryp bamboes en fynboskruie soos die heuninggeur van blombos. Onder jou voete knars sand en skulpe, bo jou krys die meeue tussen die geklots van die branders.

As jy jou weer kom kry, is jy ver agter jou stapmaats, want jy móés eers foto’s neem van die mooi rondom jou.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan