book-icon Uitgawe Maart 2019
Deel

Stil, stiller, Namib

akkreditasie
NIETIG. Plekke waar ’n mens klein voel en die aarde groot, raak deesdae al skaarser. Maar by die Mirabib-kampplek voel jy selfs kleiner as die blafgeitjies.
NIETIG. Plekke waar ’n mens klein voel en die aarde groot, raak deesdae al skaarser. Maar by die Mirabib-kampplek voel jy selfs kleiner as die blafgeitjies.

Wegkruip in die Namib-woestyn... Dís wat die twee Duitse geoloë Henno Martin en Hermann Korn van Windhoek besluit het met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog. Hulle wou nie deel hê aan die geweld nie en het twee en ’n half jaar lank in die Kuisebcanyon en omgewing oorleef. Hulle hond, Otto, was ook saam. (Lees oor hulle avontuur in Henno se boek The Sheltering Desert. – Red.)

Die Kuisebcanyon is in die Namibdeel van die Namib-Naukluft- nasionale park. Die suidelike dele van die park, die Sesriem/Sossusvleideel en die Naukluft, is bekend. Besoekers stroom hierheen vir foto’s van die rooi duine en om oor Sossus- en Dooievlei te stap.

Die agt dae lange Naukluft-staproete kronkel ook deur dié deel van die park. Hier is kampplekke met badkamers, krag, water en restaurante. En toeriste.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan