
Die kinders is reeds in die kar met ’n dik laag sonskerm aan, die strandsak is gepak en die strandsambreel is in die kattebak. En dan begin die wind waai.
Wanneer die wind in die Kaap loei, raak dinge vinnig onplesierig – veral op die strand. Die kinders se tande klap van die koue as hulle uit die water kom, elke keer as jy jou handdoek optel stuur jy sand in dié wat wind-af sit se rigting (en kry ’n paar vuil kyke), en jy moet minstens twee keer ’n weghol-strandsambreel inhardloop.
Wat nou? Moenie net dadelik die sanderige handdoek ingooi en die vakansie-vertrapping in die naaste mall gaan aandurf nie… loer eers by dié 5 strande in. Dit hang natuurlik af uit watter rigting die wind kom, maar soms is hierdie beskutte strande doodstil terwyl die res van die Kaap wegwaai.
Bikini Beach – Gordonsbaai
Diaz-strand – Kaappunt
Clifton-strand – Tussen Kampsbaai en Seepunt
St. James-strand – Tussen Muizenberg en Kalkbaai
Barley-strand – Tussen Kampsbaai en Oudekraal
Laat weet ons as jy van nog windstil strande weet! Stuur epos en foto's na digitaal@weg.co.za.