Forel net waar jy kyk
Jy kry plekke waar die visse heeldag byt... en dan kry jy ’n plek soos die Nooitgedacht- forellodge waar jy jou kamp reg langs ’n vistelery opslaan.
Dié telery is net anderkant Lydenburg en bestaan al langer as ’n halwe eeu. Nooitgedacht se kampplek is ’n entjie van die broeiplaas af, teen die Spekboomrivier.