book-icon Uitgawe Maart 2019

Toe en Nou: Johannesburg-dieretuin, meer as 110 jaar later

akkreditasie
In die vorige eeu kon ’n mens in die Johannesburg-dieretuin op ’n olifant of kameel  se rug ry. Dié ritte is sedertdien afgeskaf, maar deesdae kan jy ’n toer doen wat jou wys hoe dinge agter die skerms werk of selfs in die dieretuin kamp vir ’n aand.

Baie van dié diere is deur sir Percy Fitzpatrick van Jock of the Bushveld-faam versamel. Die grond waarop die dieretuin vandag staan, is deur die regsfirma van wyle Hermann Eckstein aan die Johannesburg-stadsraad geskenk om as ’n openbare park te gebruik.

Eckstein het ’n groot rol gespeel in die ontwikkeling van die stad en het onder meer bome laat plant in dié gebied, wat hy Sachsenwald gedoop het. Vandag is dit die buurt Saxonwold.

Van die 81 ha wat die firma geskenk het, wat toe £50 000 werd was, is 54 ha vandag die dieretuin.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan