Die Ou Lettere- en Ou Chemiegebou is die oudste geboue op die Universiteit van Pretoria se kampus.
Die hoeksteen vir die Ou Letteregebou is op 3 Augustus 1910 gelê nadat die destydse koloniale sekretaris, genl. J.C. Smuts, £ 40 000 begroot het vir die bou van ’n kollege.
Die universiteit (toe nog die Transvaalse Universiteitkollege) kon in September 1911 by die twee geboue intrek – in daardie stadium was daar 62 studente, 7 professore, 6 dosente en 1 sekretaresse. En daar was net twee studierigtings– lettere en wetenskappe.