Die avontuur begin in die Punda Maria-ruskamp in die Kruger en eindig by die Giriyondo-grenspos noord van Letaba. Ons reis oos uit die park, oor die Limpoporivier, oor savannes en woude na die tropiese kuslyn by Inhassoro, ’n klein visvanggemeenskap oorkant die noordelikste punt van die Bazaruto-eilandgroep.

Daar gaan ons op die strand lê, in die warm water speel en op daguitstappies na ander eilande gaan. Bazaruto het vele endemiese vlinders, krokodille, samango-ape en wildsbokke.

Die beskermde riwwe is die tuiste van dolfyne, die bedreigde doegoeng, wildvis, seeskilpaaie en van die grootste vis in die wêreld, die walvishaai. Voëls sluit in die bosloerie, groenvleiloerie en die kleinflamink. Bly Inhassoro slaap ons in en suite-chalets by die oord Star of Mozambique.

By elkeen van die oornagplekke sorg die personeel vir tente. Die kampe is veilig, en elke reisiger sal altyd veilig wees. Boonop is die kos lekker!

Die toer word gelei deur ’n ervare bewaringskundige en avontuurgids, wat ten alle tye in radioverbinding met die toergroep is. Die kundiges deel natuur- en kulturele kennis, asook rytegnieke.

Bhejane reis altyd met die nodige herwinningstoerusting. Ons ervare bossjef sorg elke dag vir drie maaltye en gaste word bederf met van slaaie en potjiekos tot braai. En die koffie prut van vroeg tot laat. Kom geniet die reis van ’n leeftyd.

DATUMS EN KOSTE
  • 6-15 September 2020 (10 dae, 9 nagte)
  • R15 950 p.p. wat deel; halfprys vir kinders jonger as 10
Inligting

Bespreek by 044 535 9033; bookings@bhejane.com of gaan na bhejane.com

Sien meer inligting oor Star of Mozambique in Inhassoro by starofmoz.com of stuur ’n e-pos na elizeuwin@gmail.com