Deel

Van sleepwa tot kampwa

akkreditasie

Soos jy agter die Ezi Camp-waentjie staan, maak die deksel 90° oop terwyl die seilgedeeltes wat daaraan vasgesit is, oopvou oor die waentjies se romp, amper soos ’n kamer. Pale pas in die hoeke om die seilvertrek oor die Venter te span. Twee pyphoekstutte sak agter om die waentjie stewig te hou terwyl ’n mens met die los trappie van agter af inklim.

Die bed, wat die hele vloer beslaan, is nie direk op die vloer nie, maar gelig sodat daar pakruimte onder is. Die naaste gedeelte van die bed lig op sodat jy die pakruimte kan bykom. Jy staan ook hier wanneer jy in die waentjie aantrek. ’n Reghoekige dak van 3,6 x 3 m span verder oor die hele waentjie en staan met pale en ankertoue. Drie panele pas aan die dak om die kante van die waentjie vir meer privaatheid. Die neuskas bly behoue en ’n koelboks pas maklik hierin.

“Ek is al 70 en kamp my hele lewe lank met woonwaens, maar dit het nou te veel geword,” verduidelik Michael. “

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan