book-icon Uitgawe Februarie-Maart 2021

Villiersdorp: Die Overberg se oogappel

akkreditasie
Die R43 soos ’n mens Villiersdorp van Caledon se kant af binnery. 
Blokkopberg toring bo die dorp uit.
Die R43 soos ’n mens Villiersdorp van Caledon se kant af binnery. Blokkopberg toring bo die dorp uit.

Vir die meeste mense lyk Villiersdorp na net nóg ’n stillerige dorpie in die Overberg. Maar, besef ek terwyl ek oor die Theewaterskloofdam se wal soontoe ry, die inwoners verkies dit só. Want die oomblik wanneer ’n geluksalige plek ontdek word, gaan dit verlore... Ja-nee, Villiersdorp wil onder die radar bly.

Indien jy op ’n kaart ’n kring om Franschhoek, Grabouw, Caledon, Worcester en McGregor trek, lê Villiersdorp omtrent in die middel daarvan. Die bou van die Theewaterskloofdam in 1979 het aan die dorp ’n eiesoortige, koeler mikroklimaat gegee soortgelyk aan die Elginvallei (wat nader aan die see lê). Vrugteboerdery gedy dus hier – die pakstore begroet jou aan die rand van dorp: Betko, Arbeidsvreugd, Ideafruit...

Oestyd is in die somer en dan is die dorp in rep en roer: Manne in blou oorpakke pluk appels en pere, trekkers met sleepwaens kruie in die hoofstraat af en stowwerige plaasbakkies ry haastig van een boord na ’n volgende.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan