By die Mubala Lodge ongeveer 40 km oos van dorp Katima Mulilo in die Zambesistreek. Dis ’n entomoloog se droom.
Maar ornitoloë en ywerige voëlkykers kan ook nader staan, want dié spul insekte lok natuurlik ook voëls. Ja, die wêreld se grootste rooiborsbyvreterbroeikolonie hou hier – sowat 3 000 broeipare!
Hierdie byvreters kom elke jaar rondom 21 Augustus hier aan van Sentraal-Afrika af (dis nou lande soos Gaboen, Tanzanië en die Kongo).