Jy benodig
(genoeg vir 6-8)
• 2 blikke (385 g elk) ingedampte melk
• ½ koppie Horlicks-moutpoeier
• ¼ koppie suiker
• ’n knypie sout
• ½ koppie risotto-rys (arborio)
• 100 g Bar One-sjokolade, in stukkies gesny
Só maak jy
1. Meng1 blik ingedampte melk met die Horlicks tot dit glad is, en meng dan die orige blik ingedampte melk, suiker en sout by.
2. Gooi die rys in ’n groot kastrol en skink die melkmengsel by. Kook dit liggies oor mediumhitte vir 40-45 minute, tot dit dik en romerig is, en die rys sag is maar nie pap nie. Roer dit gereeld met ’n metaallepel.
3. Sprinkel die sjokolade oor die warm ryspoeding en bedien dit dadelik.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET