Groensalsa

akkreditasie
Heerlike salsa
Heerlike salsa
Hou die salsa verseël in die yskas vir tot 1 week en gebruik vir enige gebraaide vleis of vis.

Jy benodig

  • 1 groot hand vol pietersielie, fyngekap
  • 1 klein hand vol mentblare, fyngekap
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • ½ rooi rissie, fyngekap
  • 2 eetlepels kappertjiesaad, grofgekap
  • ½ suurlemoen se sap
  • olyfolie vir meng

 Só maak jy

1. Meng al die bestanddele vir die salsa goed saam en voeg net genoeg olyfolie by sodat dit maklik geskep kan word.