
Hierdie suurlemoentert is baie maklik om te maak, maar net so lekker soos enige koffiewinkelkoek.
Jy benodig (genoeg vir 8-10)
- 1 pak (200 g) tennisbeskuitjies, fyn gekrummel
- ¼ koppie gesmelte botter
- 1 pakkie (80 g) suurlemoenjellie
- 1 bottel (500 g) suurlemoensmeer (lemon curd)
- ¼ koppie kondensmelk
- 100 g pak meringues
- 1 blik (155 g) room, oornag verkoel
Só maak jy
1 Meng die fyn koekiekrummels en botter en druk dit in die bak vas. Hou dit eenkant.
2 Los die jellie in 1 koppie warmwater op in ’n grootbak en voeg 1 koppie koue water by. Laat dit effens stol.
3 Meng die jellie, suurlemoensmeer en kondensmelk tot ’n gladde mengsel vorm. Skep dit oor die koekiekors en laat dit eenkant stol vir 45 minute.
4 Breek die meringue grof en meng dit liggies met die room. Skep dit bo-op die tert en val weg!
Ry & Sleep sê
Breek die meringue op in die sakkie deur dit liggies met jou vuis te timmer.