Papplaatkoekies

akkreditasie
Heerlik!
Heerlik!
Bereidingstyd: 5 minute
Porsies: 4
Gaarmaaktyd: 15 minute
Bestanddele
  • Piesang -
  • 2 eetlepels - botter
  • 4 koppies - gaar stywepap
  • Stroop - vir voorsit
  • Spek - vir voorsit
  • 2 - eiers
  • 1 eetlepel - melk
Metode
Sit die papplaatkoekies warm voor met gebraaide piesang, bros spek en gouestroop.

Só maak jy

1.     Druk die pap in ’n bakplaat of op ’n broodplank plat totdat dit sowat 1 cm dik is. 

2.    Druk sirkels daaruit met iets soos ’n koeldrankglas of Consol-fles se deksel en hou die sirkels eenkant.

3.    Klits die melk en eiers saam.

4.    Smelt die botter in ’n pan en braai die papsirkels oor matige hitte tot goudbruin aan albei kante.