(genoeg vir 4)
1. Druk die vleis van die varkworsies uit die derm en roerbraai dit vinnig in ’n bietjie olie in ’n pan. Breek die stukkies met ’n vurk op terwyl dit gaar word – maak seker die vleis is sappig en ordentlik gaar.
2. Druk die gaar patats fyn en meng dit met die gaar vleis. Proe en geur die mengsel met sout en swartpeper.