Deel

Platbrode met uiemarmelade, biltong en feta

akkreditasie
Jac Kritzinger
Hierdie platbrode maak jy in ’n japtrap.

Jy benodig

(maak 10 broodjies)


• 2 koppies (500 ml) bruismeel 
• 1 koppie (250 ml) gewone dubbeldik jogurt
• 1 teelepel (5 ml) bakpoeier
• ’n knippie sout 
• 2 eetlepels (30 ml) uiemarmelade 
• 1 wiel feta, gekrummel
• ½ koppie (125 ml) gesnipperde biltong


 Só maak jy


1. Meng al die bestanddele en laat die deeg vir 5 minute staan. Verdeel dit dan in 10 deegbolletjies en rol hulle op ’n meelbestrooide oppervlak uit tot ’n dikte van 0,5-1 cm.

2. Braai die platbrode op die rooster oor matige kole tot hulle goudbruin en gaar is.

Weg Ry & Sleep sê

Hierdie broodjies is lekker saam met knoffelbotter.