Foto’s: Ruvan Boshoff


Bestanddele
  • 1 koppie haselneute
  • 1 koppie vars geroosterde koffiebone, grofgemaal
  • ½ koppie sterk filterkoffie
  • 2/3 koppie melk
  • 2½ koppies koekmeel
  • 1 eetlepel bakpoeier
  • ½ teelepel sout
  • 120 ml koue botter
  • ½ koppie klam bruinsuiker
Só maak jy
  1. Kry ’n kleurtjie. Gooi die neute in ’n oondpan en rooster dit vir 8 minute in ’n oond van 180 ºC. Vryf die neute se skilletjies af en kap dit fyn.
  2. Koffie mét moer. Meng die filterkoffie en melk en gooi die gemaalde koffie by. Hou dit eenkant sodat dit kan trek.
  3. De laaste krummeltjie. Meng die koekmeel, bakpoeier en sout in ’n aparte mengbak. Vryf dan die botter met jou vingerpunte by totdat die mengsel soos broodkrummels lyk. Gooi die neute en bruinsuiker by en gooi die koffiemengsel deur ’n sif by. Skep ’n eetlepel of twee van die growwe koffiemoer by en roer die mengsel met ’n houtlepel totdat dit ’n sagte deeg vorm.
  4. Eet hom soos ’n lemoen. Druk die deegbol op ’n meelbestrooide oppervlak plat totdat dit ’n sirkel van 7 cm vorm. Sny die sirkel in 8 wiggies en pak dit op ’n ongesmeerde bakplaat. (Jy kan dit ook in ’n kolwyntjie- of muffinpan gaarmaak.) Bak dit in vir 20-25 minute ’n oond van 200 ºC of tot ’n tandestokkie skoon uitkom as jy dit insteek. Laat die koffieskons effens afkoel voordat jy dit voorsit – of inpak.