Jy benodig
• 1 ui
• 4 knoffelhuisies, gekap
• 2 wortels, gekap
• 1 teelepel komynsaad
• ½ teelepel swartpeper, gemaal
• 1 pakkie spek, gekap
• olyfolie
• 1 kg beesstert
• 4 koppies water
• 1 blikkie (410 g) tamaties
• 2 eetlepels vars oreganum, gekap
• ¼ koppie Calvados of brandewyn
• ½ koppie rooiwyn
• 1 blokkie beesstertaftreksel
• 1 blikkie (410 g) botterbone
• 1 pak (300 g) spinasie, gekap
• ’n hand vol pietersielie, gekap
• 2 knoffelhuisies, gekap
• 1 suurlemoen se gerasperde skil
Só maak jy
1. Roerbraai die ui, knoffel, wortel, komyn en swartpeper in ’n swartpot tot sag en geurig.
2. Voeg die res van die bestanddele behalwe die bone en spinasie by en prut oor matige kole vir 2 uur totdat die vleis sag is en van die been af val.
3. Roer die spinasie en botterbone deur en prut tot die spinasie sag is. Meng die pietersielie, knoffel en skil en sprinkel bo-oor. Sit voor met rys of stampmielies.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET