Jy kan die karamel met sjokoladestukkies vervang.
Jy benodig
- 1 ½ koppie fyn piesang (3-4 piesangs)
- 6 eetlepels botter, sag
- ¾ ligbruinsuiker
- 1 groot eier
- 1 teelepel vanieljegeursel
- 1¼ witmeel
- 1 teelepel bakpoeier
- ½ teelepel sout
- ½-1 koppie sagte karamel (Wilson’s Cream
- Caramels of fudge), fyngekap
Só maak jy
1. Voorverhit die oond tot 170 °C. Smeer 1 broodpan van 22 x 12 cm.
2. Druk die piesangs fyn en meng met die eier, botter en suiker. Meng die droë bestanddele daarby. Roer die gekapte karamel deur.
3. Skraap die mengsel in die oondpan en bak vir 60-70 minute of totdat die brood goudbruin is en ’n toetspen skoon uitkom. Laat 10 minute in die pan afkoel voordat jy dit uitkeer. Laat die brood heeltemal afkoel voordat jy dit sny.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET