Jy benodig
- 300 g wortels
- 1 blikkie kekerertjies, gedreineer
- 6-8 dadels, gekap
- 1 eetlepel komynsaadjies
- 2 eetlepels vars mentblare, fyngekap
- ’n knippie seesout
- ’n knippie rooipeper
- 1/3 koppie olyfolie
- ½ suurlemoen se sap en gerasperde skil
- 1 eetlepel heuning
- hand vol gevlokte amandels
Só maak jy
1. Skrop die wortels en skil dit. Gebruik ’n aartappelskiller om dit so dun moontlik in linte te skil of rasper dit net. Meng die gerasperde wortels, kekerertjies en gekapte dadels goed saam in ’n bak.
2. Braai die komynsaadjies in ’n droë pan braai tot geurig, en maal dit dan in ’n vysel. (As dit te veel moeite is, gebruik 1 teelepel fyn komynsaadjies.)
3. Meng die komyn, mentblare, sout en rooipeper met die olyfolie, sap, skil en heuning en drup dit oor die slaai. Sprinkel die amandels oor net voordat jy dit opdien.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET