Deel

Pangebraaide brood

akkreditasie
Foto: Myburgh du Plessis
Foto: Myburgh du Plessis
Braai hierdie plat stukke brood in ’n pan in olie, soos vetkoek. Dis effens bros aan die buitekant en heerlik om vleissousies mee op te vee.

Jy benodig

  • 2 koppies meel
  • 2 teelepels bakpoeier
  • 1 teelepel sout
  • 2 eetlepels suiker
  • 2 eiers, geklits
  • 1 koppie water
  • kookolie vir braai

Só maak jy

1. Meng al die droë bestanddele saam en roer die eiers en water by. Verdeel die deeg in stukke. Druk die stukke plat op ’n meelbestrooide oppervlak en trek dit groter met jou vingers, asof jy ’n pizza maak.

2. Bedek die boom van ’n swaarboomriffelpan of wyeboomswartpot met olie (sowat 1 cm diep). Braai die plat stukke deeg tot goudbruin, draai om en braai ook die ander kant. Sit die warm brode dadelik voor. Bedruip met botter en kruie na smaak.