book-icon Uitgawe Oktober 2019
Deel

Skink ’n ietsie: Soet en rokerig

akkreditasie

Enige soeterige sous of marinade maak ’n gereg lekker taai en voeg ietsie ekstra tot ’n vleisgereg, maar moet tog nie ’n soet wyn by daardie gereg voorsit nie. Die geure gaan jou oorweldig.

Kies eerder droë wyn met ryp, vrugtige geure, veral een van ’n droë, binnelandse streek. Dit sal die soetigheid na vore bring sonder om dit te oordonder.

Chenin blanc is die druifvariëteit wat kos die beste komplementeer. Dis veral lekker met marinades wat heuning, pynappel en sitrus bevat – dié geure kom almal in die wyn self voor. Die Delheim Wild Ferment Chenin Blanc 2018 (R135) is ’n heerlik komplekse witwyn. Dit word gemaak sonder eikehout en met tegnieke soos kontak met die afsaksel, heeltrosfermentasie, wilde gis en is vol elegante geel vrugte met ’n lekker suurheid. Rosé is ’n goeie pasmaat vir marinade en balanseer die suiker en die vars suurheid.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan