
Vir 6 | Voorbereityd 10 minute | Gaarmaaktyd 45 minute
Jy benodig
• 1 rol (400 g) broskorsdeeg, ontdooi
• 2 ekstra-groot eiers
• ¾ koppie bruinsuiker
• ¾ koppie gouestroop
• 2 teelepels karamelgeursel
• 40 g botter, gesmelt
• 80 g donkersjokolade, gerasper
Maak so
1. Voorverhit die oond tot 170 °C. Rol die deeg uit en gebruik dit om ’n diep 25 cm-tertbord mee uit te voer. Sny die rande af en plaas dit in die vrieskasterwyl jy die vulsel meng.
2. Klits die eiers, suiker, stroop, geursel en botter saam vir 3 minute en skraap dit in die tertbord uit.
3. Bak die tert vir 40-45 minute, haal dit uit die oond, sprinkel die gerasperde sjokolade bo-oor en plaas terug in die oond vir nog 5 minute. Laat die tert heeltemal afkoel voordat jy dit bedien.