Makliker kry ’n mens kwalik! Dié hoender is heerlik saam met tjips of couscous met geroosterde botterskorsieblokkies en gekrummelde fetakaas.
Foto's: DONNA LEWIS
Vir 8-10 mense
Jy benodig
- 6 hoenderdytjies
- 6 hoenderboudjies
- sout en varsgemaalde swartpeper
Vir die sous
- 2 teelepels botter
- 1 ui, fyngekap
- 3 vet knoffelhuisies, fyngekap
- 1 koppie ongegeurde jogurt
- 1 koppie mayonnaise
- ¼ koppie sagte bruinsuiker
- ¹⁄3 koppie tamatiesous
- 2 teelepels worcestersous
Só maak jy
- Sit die oond aan op 180 °C.
- Pak die hoenderstukke in ’n oondskottel en geur dit oraloor met sout en swartpeper.
- Brou die sous. Smelt die botter in ’n kastrol en braai die ui daarin totdat dit sag is. Gooi die knoffel by en braai dit dan vir nog ’n minuut of twee. Verwyder dit van die hitte.
- Meng die jogurt, mayonnaise, bruinsuiker, tamatiesous en worcestersous en gooi dit dan by die gebraaide ui. Giet die sous oor al die hoenderstukke.
- Warmplek toe met julle. Maak die oondskottel met foelie toe en bak dit vir sowat 1 uur totdat die hoender gaar en sag is.
Weg sê:
Moenie die jogurt direk by die gebraaide uie in die kastrol gooi nie, want die hitte sal dit laat skif. As jy nie nog ’n bak wil vuilmaak nie, wag totdat die uie in die kastrol afgekoel het voordat jy die sousbestanddele bymeng.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET