book-icon Uitgawe DEUR ALETTA LINTVELT

Seslaagkoekies

akkreditasie
Hierdie koekies sal almal aan die praat hê!
Hierdie koekies sal almal aan die praat hê!

Vir 24 stukke

Voorbereityd 15 minute
Baktyd 30 minute


1½ koppie (125g) botter, in blokkies gekap
1½ koppie koekies, gekrummel (byvoorbeeld Tennis-beskuitjies)
200 g donkersjokolade, fyngekap
1 koppie gladde grondboontjiebotter
1½ koppie klapper
2 koppies malvalekkers, gekap
1 blik (410 g) kondensmelk


1 Voorverhit die oond tot 180 °C. Plaas die botter direk in ’n oondpan van 22 cm x 33 cm en plaas dit in die warm oond om te smelt.
2 Haal die warm pan uit die oond en sprinkel eers die krummels en dan die gekapte sjokolade  eweredig oor die botter. Stip die grond-boontjiebotter rofweg daaroor en daarna die klapper, malvalekkers en kondensmelk.
3 Bedek die bakplaat met foelie en bak vir 25 minute (anders brand die malvalekkers!). Verwyder die foelie en bak oop vir nog 5 minute. Laat koel die stafies heeltemal af voordat jy dit sny. In ’n lugdigte houer hou dit vir 1 week.


WENK Vir variasie kan die Tennis-beskuitjies met soutbeskuitjies (soos Salticrax of Cream Crackers) vervang word en ’n laag gekapte neute kan saam met die klapper bygevoeg word.