Vlamgebraaide steak

akkreditasie
Wil jy daai spesiale steakhouse-geur namaak? Hier’s die geheim.

Foto Ruvan Boshoff

’n Slagter as vriend is goud werd – dís die soort ou wat vir jou ’n SMS sal stuur wat sê: “Ek het lekker ribsteak. Ek hou vir jou ’n kilo.” Maar goeie vleis is net die begin. Die ding is daai steakhouse-geur... Hier’s die geheim.

Só maak jy

1 Die kole moet wárm wees – daar kan selfs ’n vlam of twee flikker.

2 Braai dan die steak vir 2 minute per kant. Verf marinade (Jimmy’s s’n is lekker; kry ’n botteltjie in jou supermark) aan en geur met braaisout ná die eerste omdraai.

3 Hier’s die geheim wat jou lewenslange braaimeesterstatus sal gee: Wanneer die steak amper reg is, vra jou gaste om ’n paar treë terug te staan – of te gaan borde haal. Sprinkel ’n bietjie kookolie oor die vleis en gooi ’n brandende vuurhoutjie op die kole. As die vuur opvlam, draai die vleis vinnig om vir daai vlamgebraaide geur en skep op.