Vrugte op die kole

akkreditasie
Foto: Ruvan Boshoff
Foto: Ruvan Boshoff
’n Vinnige, smullekker nagereg.

Hierdie resep is so maklik dit moet eintlik verban word. Maar die vlamme is nogal indrukwekkend, veral in die aand.

Jy benodig

  • 2 of 3 blikke ingelegde vrugte soos halwe perskes en pynappel
  • suiker na smaak
  • ’n knippie kaneel
  • ’n skeutjie brandewyn

Só maak jy

1 Gooi die vrugte met van die stroop uit die blik in 'n gietysterpan en verhit dit oor die kole saam met 'n bietjie kaneel. Ernstige suikertande kan suiker na smaak bygooi.

2 Gooi brandewyn in die pan net voor jy dit bedien en steek dit aan die brand.