Deel

RESEP | Aarbeikonfytskywe

akkreditasie
Foto: Ed O'Riley
Foto: Ed O'Riley
Bereidingstyd: 10 minute
Porsies: 12
Gaarmaaktyd: 30-40 minute
Bestanddele
  • 1 - koppie bruinsuiker
  • 2 - koppies bruismeel
  • ½ - koppie hawermout
  • ½ - koppie klapper
  • - ’n knippie sout
  • 1 - koppie sagte botter
  • 2 - eiers, geklits
  • ½ - koppie aarbeikonfyt, gesmelt
Metode
Warm uit die pannetjie – met ’n lekker koppie tee – is dié jêmskywe vir my trooskos op sy beste!

1. Voorverhit die oond tot 180 ºC. Meng die suiker, meel, hawermout en klapper saam. Voeg die sout en botter by en vryf die mengsel met jou vingerpunte totdat dit soos broodkrummels lyk. Roer die eier by en druk met jou hande tot die deeg bymekaar kom. Verdeel dit in twee gelyke dele.

2. Druk die een helfte van die deeg oor die hele boom van ’n oondvaste pannetjie plat, prik dit oraloor met ’n vurk en bak die kors vir 10 minute. Haal dit uit die oond, smeer die konfyt oor en frummel die orige deeg bo-oor konfytlagie. Druk die frummels effens vas en bak die tert vir 20-30 minute of tot goudbruin en gaar. Laat die tert afkoel, sny dit in skywe of blokkies (afhangende van jou pan) en bêre dit in ’n lugdigte houer.

WENK
Ek hou van ’n stewige skyf met redelike dik deeglae, maar jy kan natuurlik na aanleiding van die hoeveelheid deeg (en die dimensies van die pannetjie tot jou beskikking) die deeglae dunner maak en sodoende ’n fyner blokkie bak. Pas net die baktyd aan na gelang van die skywe se dikte