Vir 6

Voorbereityd 10 minute

Gaarmaaktyd 30 minute


Jy benodig

• 800 g aartappels, geskil

• 250 g spinasie, fyngekap

• 1 koppie ham, gekap

• 1 wiel feta

• 2 eiers, geklits

• sout na smaak

• swartpeper na smaak

• botter vir braai

Só maak jy

1. Skil die aartappels en sny in eweredige stukkies. Kook tot sag en druk fyn soos vir  kapokaartappel. Roer die spinasie deur die warm kapokaartappel tot verwelk en laat staan om af te koel.

2. Roer die ham, feta en eiers deur die kapokaartappel en geur na smaak met sout en peper.

3. Vorm koekies (soos vir viskoekies) en vlakbraai in gesmelte botter tot bros aan albei kante. (Die koekies kan ook op ’n bakplaat in die oond teen 200 ºC gebak word vir 15 minute.)