(genoeg vir 6)
1. Rasper die aartappels en ui op die growwe kant van die rasper. Keer die gerasperde groente uit in ’n droë vatdoek en druk al die vog uit. Gooi dit terug in ’n mengbak en roer die meel by. Geur dit met sout en peper.
2. Smelt die botter en olie saam in die skottelbraai. Skep ’n opgehoopte lepel vol aartappelmengsel in die middel van die skottel en maak dit met die agterkant van die lepel plat om ’n eweredige koekie te vorm. Braai die koeke so ’n bietjie aan die een kant, net daar in die middel van die pan, vóór jy hom omdraai en meer na die rand van die skottel skuifs. Druk dit platter met jou spaan en vorm die koekie weer netjies bymekaar. Die beslag is los en kan weer gevorm word as ’n koekie breek.