1 Verhit die olie in ’n braaipan en braai die spek tot bros. Skep die spek uit, maar behou die vet en braai nou die chorizo en soetrissie daarin tot geurig. Roer die knoffel en paprika by die pan vir ’n minuut. Voeg die bone en sous by, spoel die blikke met ’n bietjie water uit en gooi die water ook in die pan – dis die beste manier om nie ’n druppel sous te mors nie. Laat prut die pankos vir ’n paar minute tot dik en geurig. (Die hoeveelheid water waarmee jy die blikke uitspoel, sal die tydsduur beïnvloed.)
2 Proe die sous en geur met sout, swartpeper, ’n knippie suiker, Worcestershiresous en – as jy wil – ’n paar druppels Tabasco.
3 Druk met ’n groot lepel vier eweredig verspreide holtes in die pankos en breek ’n eier in elk. Sit die deksel op, verlaag die hitte en laat prut dit vir ’n paar minute totdat die eiers gaar is.