Jy benodig
• 1 koppie botter
• ¼ koppie suiker
• ½ koppie melasse of heuning
• 2 eiers
• 1 koppie appelkoosjogurt
• 4 koppies (500g) bruismeel
• 1 koppie droë appelkose, gesnipper
• 1 koppie muesli
• 1 koppie Special K- of Oaties-vlokkies
Só maak jy
1. Smelt die botter en meng dit goed met die suiker, melasse, eiers en jogurt.
2. Meng die res van die bestanddele in ’n groot bak saam, voeg die jogurtmengsel daarby en meng alles goed deur.
3. Gooi die beslag in ’n groot gesmeerde broodpan en bak dit in ’n oond van 180ºC vir 45-60 minute of tot deurgaar.
4. Keer dit op ’n droograk uit en laat dit afkoel voordat jy dit in stukke sny.
5. Pak die stukke op ’n bakplaat wat met bruinpapier bedek is, en droog dit vir minstens 3 uur teen 100ºC.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET