Appelliefieblatjang

akkreditasie

Maak 1 liter | Voorbereityd 10 minute | Gaarmaaktyd 30 minute

Hierdie soetsuur blatjang is veral lekker saam met gebraaide vleis of selfs bobotie. 

Jy benodig

• 1 ui, fyngekap
• 2 eetlepels olyfolie
• 3 knoffelhuisies, fyngekap
• 1 eetlepel vars gemmer, gerasper
• 2 groen brandrissies, fyngekap
• 2 teelepels mosterdsaadjies
• 1 teelepel fyn komyn
• 4 kardemompeule, gekneus
• 1 teelepel borrie
• 400 g appelliefies (vars óf bevrore)
• 1 suur appel, geskil en fyngekap
• 50 g pitlose rosyntjies
• 70 g sagte bruinsuiker (treacle)
• 100 ml rooibostee
• 3 eetlepels appelkooskonfyt
• 80 ml rooiwynasyn
• 1 eetlepel suurlemoensap
• sout na smaak
• peper na smaak

Só maak jy

1. Verhit die olie in ’n kastrol en braai die ui oor matige hitte totdat dit sag en deurskynend is. Voeg dan die knoffel, gemmer en rissie by en roerbraai dit vir ’n paar minute. Voeg al die speserye by en braai dit liggies vir nog 2 minute.

2. Voeg nou die appelliefies en die res van die bestanddele by, en roer dit heeltyd oor matige hitte totdat al die suiker opgelos het. (Dit moenie kook voordat die suiker heeltemal opgelos is nie.)

3. Laat prut dit vir 20 minute sonder ’n deksel, en roer dit elke nou en dan totdat die mengsel begin verdik. 

4. Skep die vuurwarm blatjang in warm, gesteriliseerde bottels en verseël dit goed.


WENK: Dis baie goedkoper om bevrore appelliefies te gebruik – ontdooi dit net eers oornag in die yskas.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan