Vir 4
Voorbereityd 10 minute
Jy benodig
• 1 rooiui
• 3 eetlepels olyfolie
• 1 lemmetjie (of halwe suurlemoen) se sap
• 1 babakool
• 1-2 ryp tamaties
• 1 avokado
• ’n groot hand vol gekapte vars kruie soos koljander of basilie
• sout en swartpeper na smaak
Só maak jy
1. Sny die rooiui in baie dun skyfies en drup die olyfolie en lemmetjiesap daaroor.
2. Snipper die kool baie fyn, kap die tamaties en sny die avokado in blokkies. Meng alles saam met die vars kruie. Sprinkel die uie en sous bo-oor, geur dit met sout en peper en sit dadelik voor.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET