Jy benodig (genoeg vir 8)

  • 1 groot heel hoender
  • 2 eetlepels selfgemaakte of gekoopte harissasmeer
  • 2 teelepels sterk mosterd
  • 1 eetlepel olyfolie
  • 1 suurlemoen om voor te sit

Só maak jy

1. Knip die hoender met ’n skerp skêr tussen die twee borsies deur en vlek dit oop. Druk die hoender met jou handpalm plat en vou die vlerkies in. Die plathoender is nou gereed om gemarineer te word.

2. Sny met ’n skerp mes kepe in die hoenderborsies, -dytjies en -boudjies. Meng die harissa, mosterd en olie, en vryf die hoender oral oor hiermee in – sommer onder die vel ook in waar jy kan.

3. Braai nou die hoender op ’n skoon rooster met die velkant na onder oor matige warm kole. Sit ’n swaar gietysterplaat of pan met twee bakstene bo-op die hoender om dit af te druk. As jy nie ’n pan ook wil gebruik nie, draai die bakstene in foelie toe. Braai dit so vir 10-15 minute. Loer om seker te maak dit hoender brand nie.

4. Draai die hoender versigtig om met ’n braaitang. Verf ekstra sous aan, sit weer die gewig bo-op en braai dit vir nog 15 minute. Toets die vleis deur die boudjie te wikkel – dit moet maklik loskom en die hoender behoort gaar en sappig te wees. Geur die hoender met sout, peper en suurlemoensap na smaak en laat rus dit vir nog ’n paar minute in die toe braaibak voor julle weglê.

Ry & Sleep sê: By die huis verwyder ek die hoender se rugstring en vries dit vir aftreksel. Op dié manier sit die twee borsies in die middel van die platanna – die keuse is joune of jy voor of agter sny en vlek