Vir 10
Voorbereityd 10 minute
Gaarmaaktyd 4 uur
Jy benodig
Vir die vulsel
• 2 kg stowebeesvleis (verkieslik in een stuk)
• sout
• gemaalde swartpeper
• 4 eetlepels botter of vet
• 500 g beesstert
• 1 ui, gekap
• 2 teelepels fyn komyn
• 2 teelepels droë origanum
• 2 eetlepels gerookte paprika
• 2 eetlepels rooipeper
• ¼ koppie appelasyn
• 2 eetlepels sojasous
• 2 blikkies bier
Mieliesalsa
• 2 groenmielies, gebraai
• 1 komkommer, fyngekap
• 2 tamaties, fyngekap
• ½ ui, fyngekap
• 1 bossie koljanderblare, gekap
• 2 eetlepels appelasyn
• 1 teelepel suiker
Vir afronding
• wraps
• avokadoskyfies
• suurlemoen- of lemmetjieskyfies
Só maak jy
1. Voorverhit die oond tot 140 ºC. Geur die stowevleis met sout en peper na smaak en hou dit eenkant.
2. Verhit die botter of vet in ’n groot platboomswartpot en braai die beesstert daarin bruin. Skep die vleis uit en hou dit eenkant. Gooi die ui en al die speserye by die pot en roerbraai dit vir 5 minute.
3. Voeg die beesstert, stowevleis, asyn, sojasous en bier by die pot. Sit die deksel op en los die pot vir 4-5 uur in die oond tot die vleis sag is.
4. Verwyder die beestert en vleis uit die pot en vlok dit met ’n vurk in repe. Gooi die bene weg.
5. Laat die oorblywende sous net so in die pot op die stoof prut totdat dit tot sowat 1½ koppies gereduseer het. Skep die gevlokte vleis terug in die sous, roer dit deeglik deur en geur dit dan met sout en peper na smaak en nog rooipeper, indien nodig.
6. Meng al die bestanddele vir die mieliesalsa saam. Skep ’n bietjie daarvan saam met ’n skeppie vleis in ’n wrap, gevolg deur ’n skyfie avokado en ’n skeut suurlemoensap.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET