
Vleis vir die vlees
Jy benodig
(genoeg vir 10)
- 1 kg beesborsstuk (brisket)
- 2 soetrissies, gekap
- 1 blikkie (410 g) tamatiesmoor
- 1 koppie water
- 1 teelepel fyn komyn
- 1 teelepel rooipeper
- 1 teelepel gerookte rissievlokkies
- 1 teelepel droë origanum
- 2 knoffelhuisies, fyngedruk
- sout en swartpeper na smaak
Vir die broodjie
- 2 snye suurdeegbrood botter
- ¼ koppie gerasperde cheddarkaas
- 2 agurkies, in dun skryfies gesny
Só maak jy
1 Sit die vleis en al die ander bestanddele (behalwe die broodjie) in ’n swartpot met ’n deksel en bak dit vir 1 uur teen 150 °C. Sit die oond af, maar moenie die oonddeur oopmaak nie. Los die pot met die vleis oornag in die oond.
2 Vlok die volgende dag die vleis in die sous – indien dit nie dik genoeg is nie, prut dit oop op die stoof tot dit verdik. Proe en geur dit na smaak met sout en peper en skep dit in ’n ziplock-sakkie.
3 Smeer die brood aan albei kante met botter, skep van die vulsel op een van die snye, pak die agurkies daarop en eindig met die kaas.
4 Braai die brood in ’n pan met botter tot dit mooi goudbruin is. Draai dit om en braai die ander kant ook. Jy kan ook die broodjie in ’n jafelpan maak.