Deel

Bier-en-beesvleispasteitjies

akkreditasie
Vir groot vleiseters kan jy vir elkeen sy eie steak maak en dié pasta met sous en parmesaan apart voorsit.

Genoeg vir 4 | Voorbereityd 1 uur | Gaarmaaktyd 20 minute


Jy benodig

• 1 kg stowebeesvleis (nog aan die been)
• ¼ koppie meel
• 1 teelepel sout
• ¼ teelepel swartpeper
• 1 ui, gekap
• 2 knoffelhuisies, gekap
• 3 middelslag-wortels, gekap
• 2 eetlepels olyfolie
• 250 g bruinsampioene, gekap
• 3 roosmaryntakkies
• 2 eetlepels tamatiepasta
• 2 koppies beesvleisaftreksel
• 2 eetlepels balsemiekasyn
• 2 eetlepels Worcestershiresous
• 1 blik (440 ml) Guinness
• 400 g blaardeeg

Só maak jy

1. Voorverhit die oond tot 220 °C. Sny die vleis in stukke en plaas dit in ’n sak saam met die meel, sout en peper. Skud dit goed totdat die vleisstukke met meel bedek is. Verhit die olie in ’n swartpot en braai die vleis in sarsies tot goudbruin. Skep uit en hou eenkant.

2. Braai die ui, knoffel, en wortel in die olie tot sag. Roer die sampioene by en braai vir 5 minute.

3. Voeg die roosmaryn, tamatiepasta, aftreksel, asyn, Worcestershiresous en bier by en laat dit vir 5 minute prut.

4. Verlaag die hitte en skep die vleis terug by die pot. Laat dit vir 40-60 minute prut totdat die vleis sag is en van die been af val. Verwyder die bene en sny enige groot stukke vleis in happiegroot blokkies.

5. Skep die vleis en sous oor in ’n pasteibak, of verdeel dit tussen vier klein pasteipotjies. Bedek dit met ’n sirkel blaardeeg