
Myburgh du Plessis
’n Bietjie geduld met die uie is al wat jy nodig het vir hierdie meesterlike happie.
Vir 4 | Voorbereityd 5 minute | Gaarmaaktyd 40 minute
Jy benodig
• 4 eetlepels botter
• 4 uie, in dun skywe gesny
• 2 eetlepels bruinsuiker
• 2 eetlepels asyn
• 1 bottel (330 ml) bier
• 8 repies spek
• 8 snye brood
• botter
Só maak jy
1. Smelt die botter in ’n kastrol en roer die uie, suiker en asyn daardeur en prut vir 10 minute. Voeg die bier by en prut oor baie laag terwyl jy gereeld roer vir 30 minute tot dik, sag en gekaremeliseerd.
2. Braai solank die spek bros. Botter die brood en verdeel die spek tussen 4 van die snye en volg dit met ’n skep uie op elkeen. Braai die toebroodjies op die rooster of in ’n pan tot bros. Die res van die uie hou jy in die yskas en gebrui dit vir burgers of saam met wors.