
Jy benodig (genoeg vir 4)
• 6-8 middelslag-aartappels, in dun skywe gesny
• 1 klein ui, in ringe gesny
• 1 pakkie (250 g) spek
• 500 g dun boerewors, in duimlengte stukkies gesny
• olie of botter om die foelie te smeer
• sout en peper na smaak
• 2 eetlepels droë knoffel-enkruiemengsel
Só maak jy
1 Verdeel die rou aartappels, ui, spek en wors in vier gelyke porsies.
2 Smeer 4 foelievelle – elkeen net-net langer as ’n liniaal – met olie of botter. Skep ’n porsie aartappelskyfies op elke foelievel.
3 Sprinkel sout, peper en ’n teelepel van die knoffel-enkruiemengsel oor elke aartappelporsie. Pak die uie, spek en wors bo-op die aartappels. Skep ’n halwe eetlepel botter op elke porsie en vou die foeliepakkies deeglik toe.
4 Rooster die wors-en-aartappelpakkies vir sowat ’n halfuur oor matige kole.