
Rek oorskietwors tot ’n voortreflike bredie.
Jy benodig (genoeg vir 4)
• 30 g botter
• 2 uie, in dik skywe gesny
• 1 eetlepel bruinsuiker
• 3 knoffelhuisies, fyngedruk
• 1 rooi soetrissie, in dun repies gesny
• 1 blik (400 g) lensies, gedreineer
• 1 koppie rooiwyn
• 1 koppie beesaftreksel
• 250 g bruinsampioene
• 250 g gaar boerewors
• sout en swartpeper
• ’n hand vol vars pietersielie, fyngekap
Só maak jy
1 Smelt die botter in ’n groot kastrol oor matige hitte en braai die ui vir 10-15 minute tot goudbruin. Voeg die bruinsuiker by en braai dit vir nog 5 minute tot die ui gekarameliseer is. Voeg die knoffel en soetrissie by en braai alles vir nog 5 minute.
2 Voeg die lensies, wyn, aftreksel, sampioene en boerewors by, geur dit met sout en swartpeper en verhit dit tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat die bredie vir 20 minute prut tot dit effe verdik. Sit dit voor met vars pietersielie bo-oor.