Boereworspastei

akkreditasie
Foto: Ed O'Riley
Foto: Ed O'Riley

Dié indrukwekkende pastei is ’n slim manier om oorskietbraaiwors te gebruik. Maar dit smaak só lekker jy mag dalk in die vervolg ’n ekstra rol wors braai – spesiaal hiervoor!

1. Vou die deeg op ’n skoon werkoppervlak oop en sny dit met ’n skerp mes in stroke van 3 cm breed. Begin by ’n punt van die wors (koue wors werk makliker omdat dit beter vorm behou) en draai een reep deeg op ’n slag om die wors, amper soos ’n verband.

Sodra ’n strook deeg opgebruik is, druk met jou vingerpunte ’n nuwe strook aan die eindpunt van die vorige een vas om dit te las, en werk voort – hou so aan totdat die wors heeltemal bedek is. Verf dit oraloor met eier en strooi die sesamsaad oor.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan