1 Dreineer die vinaigrette uit die sakkie sondroogtamaties en meng dit deur die geblikte bone en kekerertjies plus die olywe. Kap 6-8 van die sondroogtamaties kleiner en meng dit ook deur. (Bêre die res vir ’n ander ete.) As jy enigsins kan, laat die bone vir minstens ’n paar uur in die yskas marineer in sy geurige sousie.
2 Sny die groenbone kleiner en kook dit in soutwater tot net-net gaar maar bros. Meng dit saam met die feta deur die bone en sit dit voor. Probeer ook gekapte rooiui en brandrissie daarby.