1 Voorverhit die oond tot 180 °C. Verf ’n bietjie olyfolie aan die botterskorsie en geur dit met sout en peper. Vou dit dig toe in foelie en bak dit in in die oond vir ongeveer 30 minute of tot dit net begin sag word. (Jy kan dit ook direk in braaikole gaarmaak.)
2 Smelt die botter in ’n pan en braai die sampioene tot mooi goudbruin. Voeg die knoffel by en braai die mengsel vir nog ’n paar minute. Geur dit na smaak met sout, peper en die droë kruie. Haal die pan van hitte af en roer die uievlokkies by.
3 Vou die botterskorsies versigtig oop – pasop dat die stoom jou nie brand nie! – maar moenie die foelie heeltemal aftrek nie. Skep ’n lepel vol broodkrummels in elke holte, gevolg deur twee lae elk van die sampioene en gekrummelde feta en nog ’n lepel broodkrummels as afronding.