Vir 2 terte | Voorbereityd 15 minute Gaarmaaktyd 30 minute

Jy benodig

VIR DIE VULSEL

  • 1½ koppie suiker
  • ¾ koppie ligte bruinsuiker
  • 1 teelepel sout
  • ¼ koppie mielieblom
  • 1 koppie botter, gesmelt
  • ¼ koppie melk
  • ¾ koppie room
  • ½ teelepel vanieljegeursel
  • 8 eiergele

VIR DIE KORS

  • 400 g gemmer- of hawermoutkoekies, fyngedruk
  • ¾ koppie botter, gesmelt

Só maak jy

1. Voorverhit die oond tot 180 ºC. Meng die suiker, sout en mielieblom in ’n elektriese menger oor ’n lae spoed. Roer die botter, melk, room en vanielje daarby. Voeg die eiergele by tot net gemeng. Hou eenkant.

2. Meng die koekiekrummels en botter saam en voer 2 standaardgroot tertborde daarmee uit.

3. Skraap die vulsel bo-op die krummels en laat bak vir 15 minute. Maak die oonddeur oop en laat die temperatuur daal tot 160 ºC. Maak die deur toe en laat bak vir nog 5-10 minute. Laat staan vir 20 minute om te stol.