book-icon Uitgawe Oktober 2018

Braaimielies met biltongbotter

akkreditasie
Foto Michelle Parkin
Foto Michelle Parkin
As jy ooit gewonder het waarvoor ’n mens daardie fyn biltongpoeier gebruik... wel, nou weet jy: Saam met botter op gebraaide mielies is dit koningskos.
Kosassistent Tani Kirsten

Kielie ’n mielie met biltong

Jy benodig

(genoeg vir 4)

  • ½ teelepel koljandersade
  • 4 eetlepels botter
  • 4 eetlepels fyn biltongpoeier
  • 4 heel groenmielies

Só maak jy

1 Rooster die koljandersade in ’n droë pan tot dit ligbruin en geurig is.

2 Meng die botter, biltong en koljander goed saam en gebruik die agterkant van ’n lepel om die koljander fyn te druk.

3 Vou die mielies se blare terug – dit is lekker vashouplek as jy die mielie eet. Braai die mielies oor matige kole tot goudbruin en gaar.

4 Smeer ’n lekker dik laag van die biltongbotter aan die mielies soos hulle van die kole af kom, en eet dit dadelik.

Weg Ry & Sleep sê

Maak die biltongbotter sommer dubbel aan voor jy met vakansie gaan. Jy kan dit ook op warm roosterkoek smeer óf sommer net op brood. Gebruik die mengsel om oor gebraaide groente te smelt wanneer jy kamp.